Almal by die Dagbreek-ryskool is in rep en roer toe daar ’n nuwe ryskool op die dorp oopmaak. Kan dit die einde van die Stalmaats beteken? Boonop lyk dit of die eienaars se seun ’n ogie op Anri het … Dan ontdek Anri-hulle ’n geheim oor die nuwe ryskool en die vonke spat behoorlik!
Al die Stalmaats-ruiters is in rep en roer oor die nuus dat ’n nuwe ryskool op die dorp oopmaak. Josh, die eienaar se seun, is boonop saam met Anri, Megan en Karen in die klas – en hy probeer almal ompraat om Hoefslae ’n kans te gee. Anri en die res van die Stalmaats is baie lojaal aan die Dagbreek-ryskool, maar die nuwe ryskool is baie goedkoper en die eienaar was op sy dag ’n bekende Suid-Afrikaanse ruiter … Kan dit dalk die einde van die Dagbreek-ryskool beteken?
Om dinge erger te maak, lyk dit boonop of Josh met sy seegroen oë en blonde krulhare ’n ogie op Anri het – en Anri se kêrel, Jacques, is glad nie gelukkig daarmee nie … en sy ma en pa is boonop die eienaars van Dagbreek.
Toe Anri-hulle ’n geheim oor die nuwe ryskool uitvind, spat die vonke behoorlik! Kom word deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats! Hierdie is die laaste boek in dié bekroonde en geliefde perdereeks waaroor jong perdeliefhebbers al jare lank gaande is.
Guaranteed Service
Questions and Answers
Use left/right arrows to navigate the slideshow or swipe left/right if using a mobile device
Choosing a selection results in a full page refresh.
Press the space key then arrow keys to make a selection.